V: Waarom is die seun in die verhaal gestraf?
A: Omdat hy sy eie virgin van die volkslied gesing het.
V: Maak 'n sin met "ter aarde bestel."
A: Wie op ter aarde bestel so 'n groot koek?
V: Gebruik "bruin" as 'n werkwoord.
A: Die kommuniste het die man gebruinwash.
V: Voltooi: Hoe kaler jonker, ...
A: ...hoe stouter in die donker.
V: Wat is die verlede tyd van eet?
A: Honger.
V: Wat is die verkleinwoord van Oupa?
A: Kleinseun.
V: Wat is die teenoorgestelde van kleinneef?
A: Kleinteef.
V: Voltooi die volgende idioom: Hoe meer haas...
A: hoe groter haaspastei.
V: Wat is die meervoud van kabeljou?
A: kabeljulle
V: As kinders nog te klein is om pille te sluk, hoe kan 'n mens vir hulle medisyne ingee?
A: tepelsgewys. (teelepelsgewys).
V: Wat is 'n vlieënde piering?
A: 'n Ding soos hierdie: O
V: Waar word sykouse vervaardig?
A: By Pep stors.
V: Watter waarborge kan 'n bank vereis as hulle 'n huisverband toestaan?
A: As jy 'n huis koop, kan hulle aandring dat jy goed geërf het.
V: Hoe belangrik is eleksies in 'n demokratiese samelewing?
A: Baie belangrik. Voortplanting kan slegs gebeur as 'n man 'n eleksie het.
V: Wat is 'n terminale siekte?
A: As jy op die lughawe siek word.
V: Gee die formule om die oppervlakte van 'n sirkel te bepaal
A: Paai straal kordaat.
V: Hoe het berge ontstaan?
A: Deur baie sterk winde.
V: Waarom is die Mona Lisa-skildery so baie werd?
A ...omdat sy so 'n mooi vrou was.
V: Waar het die koning van Israel twee afgodsbeelde laat oprig?
* A: In Jerusalem en Gauteng.
* Netiket beteken dat jy op die internet begaafd moet optree.
* Netiket beteken hou jou virusse vir jouself.
* Netiket beteken om asseblief mooi te skryf.
* 'n Nadeel van die Internet is dat mense sonder jou toestemming jou klere kan uittrek.
* 'n Voordeel van die internet is dat 'n mens kan geld steel uit iemand anders se rekening.
* Die Y2K-probleem behels dat al die rekenaars sou mal word.
* Die Y2K-probleem het veroorsaak dat die Withuis ontplof het. Al die mense daar kan nou nie meer met hul geld uitkom nie.
* Die Y2K-probleem het beteken dat 'n atoombom in die see naby Rusland geval het.
* Die Y2K-probleem het beteken dat al die vliegtuie in die lug sou neerstort. Die vliegtuie wat nie sou neerstort nie, sou nie verder vlieg nie.
* 'n DVD kan nie met die blote oog gesien word nie.
* Om te voorkom dat jy oogstremming kry van heeldag voor die rekenaar sit, moet jy baie wortels eet.
* 'n Grafiese program word gebruik deur skildenaars.
* 'n Draagbare drukker pas in jou hempsmou.
* 'n Muis werk presies soos 'n "joystick", net heeltemal anders.
* Definisie van 'n LCD-skerm: Dit doen presies wat sy naam aandui.
* 'n "Inkjet"drukker werk gerusteloos.
* Definisie van 'n tafelbladpubliseerder: Ek het geweet, maar ek het nou net vergeet.
* Definisie van 'n laserdrukker: Dis vrek duur.
* 'n Laserdrukker werk met bliksemstrale.
* My kop is nou eenvoudig net te seer om 'n antwoord op hierdie vraag uit te dink.
* 'n Monochroom-skerm vertoon swart en wit, of ook aambei.
* 'n Raaksensitiewe skerm is baie sensueel.
* As 'n rekenaar 32 meg RAM het, dan sal die wêreldbevolking baie vermeerder.
* 'n Voorbeeld van halfduplekstransmissie is 'n "hokie-tokie".
* 'n Program wat jou rekenaar se geheue opvreet, word 'n slak genoem.
* Wat is nodig om 'n internetskakeling te kan bewerkstellig? Geduld.
* www staan vir world wild web.
* Videokonferensie beteken jy kan jou testament van onder af beheer as jy dood is.
* Data vloei net aan die westekant van jou rekenaar.
* 'n "Uninstaller" raak ontslae van al jou hardeskywe.
* 'n "Laptop" se skerm wys alles wat in jou maag is.
* Dit is oneerlik om nuwe "folders" in jou hardeskyf te maak.
* Soorte muise wat aangetref word: Intensiewe muis, Permanente muis, "Truck ball" muis.
* In watter jaar het Suid-Afrika 'n unie geword? .
Ek weet nie meneer. Maar 'n geseënde Kersfees en 'n voorspoedige Nuwejaar vir meneer en meneer se gesin.