Antwoorde Land van Iewers:
Skerm 1. by dam
Loop na die boom en raak aan dit tak (links). Kry handvatsel.
Loop na standbeeld – kyk daarna of raak daaraan.
Bokant die dam naby die standbeeld is ‘n graspol. Stap soontoe en raak daaraan/kyk daarna om skyfie te kry.
Skerm 2: in die land. Praat drie keer met boer.Loop na strooipop. Kyk daarna en raak dan daaraan. Kry handskoen.
Loop na trekker. Raak daaraan en kry bone..
Skerm 3: by die huis: Klik op stoorkamer om binne te gaan. Klik op hooimied (onderste trappie). Jy klim. Klik op volgende trappie. Jy klim weer. Klik op geel merkie regs van volgende trappie. Vat opblaas-eend. Neem eend uit trommel en en klik op vloer onder die rakkie. Jy spring op. Klik effens regs van waar jy staan (daar is ‘n donker sirkel en lyn). Neem skaatse. Klik op trappie van hooimied (waar jy was toe jy eend gekry het. Jy klim af. Neem eend, stap uit en regs na volgende skerm.
Skerm 4: by die rivier: Neem eend. Klik eend op draai in river. Daar gaan jy.
Skerm 5: by herberg. Stap Noord, verby regterkant van herberg. Op skerm met muur, neem gom. Stap suid na vorige skerm en klik op herberg: Praat met meisie en gee haar die rolskaatse. Jy kry ‘n helikoptertjie.
Skerm 7: by die rots: Stap wes. Kyk na rots. Kyk weer. Daar is ‘n buitelyn van ‘n hand.
Klik met jou handskoen op die rots. Deurtjie skuif oop en jy sien ‘n afstandbeheer. Kyk daarna. Klik skyfie op groot prentjie van afstandheheer. Kleurvolle draaiende portaal verskyn. Raak daaraan..
Skerm 8: kamer met bank.: Stap regs.
Skerm 9: kamer met muurhorlosie: Kyk na muurhorlosie. Wyser wys na 3 (aanduiding dat jy knoppie drie keer moet druk). Stap terug na skerm 8. Druk knoppie (roep vis) 3 keer. Stap terug na Skerm 9. Raak aan boek op stoel Die deur sluit oop en jy kry ‘n stukkie papier. Raak aan deur.
Skerm 10: kamer van die reus: Praat met reus todat hy jou vertel om te gaan. Op plakkaat voor die reus is tekens wat nommers van 0 tot 9 voorstel. Raak aan kristalbal. Jy gaan op.
Raak aan blou paneel op muur. (boonste knoppie = 0 en onderste knoppie is “Enter”/maak skoon.). Sleutel die nommer op die papiertjie in. Volgorde: Linkerkantste knoppie in tweede ry = 1, boonste knoppie = 0, middelknoppie in derde ry = 5, boonste knoppie = 0, regterkantste knoppie in derde ry = 6, boonste knoppie = 0, regterkantste knoppie in vierde ry = 9 en enter (onderste knoppie). Opening verskyn in muur. Raak daaraan.
Skerm11: bo-op kratte: Wanneer jy hurk, raak ronde knoppie agter jou. Neem jou handvatsel en raak daarmee (voorste deel met vurk) aan die handvatsel teen muur. Jy gaan af. Stap links.
Skerm 12: kamer met stoel: Raak aan voorkant van stoel-sitplek. Raak aan diamant om dit te neem. Klik diamant op diamantvorm op regterkantste deurtjie. Druk die vier knoppies totdat almal verdwyn het. (onder regs, bo regs, bo links, onder links. Raak aan Ry.
Skerm 13 in Boontjierankstad: Stap regs.
Skerm 14: met gebou: . Raak aan gebou.
Skerm 15: met boontjierank: Raak aan blaar (onder links). Praat in mikrofoon. Raak aan blaar (onder regs). Plaas helikopter op vloer (die H). Praat met helikopter. Tel die rol papier en helikopter op (klik op een, jy kry albei) Papier het alfabet van Reusland op - eers die klinkers dan mede-klinkers Stap links.
Skerm16: met vier deure: Klik op deur tweede van regs. Sit boontjies in gleuf. Jy hou een oor.
Skerm 17: met rekenaarskerms: Neem kristalbal en klik daarmee op sirkel aan regterkant van linkerkantste rekenaar. Klik pyltjies. Let op volgorde van toneeltjies wat afspeel. Dit gee jou die volgende antwoorde (wat jy netnou op die vertaler in volgorde sal moet moet klik):
Rammetjie Uitnek
sakeonderneming
tweede viool speel
pak die skuld op my
gebakte pere
vurk in die hef steek
Klaar gekyk, klik op knoppie met kol.
Skerm 18. die hofsaal: Wag vir aanklaer om klaar te praat. Klik op IN. In die trommel: gebruik gom op IN. Plaas IN bo woorde Bewysstuk A. Nadat aanklaer klaar is, klik op vertaler. (letters op knoppies spel antwoorde uit in alfabet op rol). Klik knoppies in volgorde: 4 – 3 – 1 – 6 – 5 – 2. (boonste knoppie = 1, onderste knoppie = 6). Klik nou op die onderste, ongemerkte staaf. Regter praat. Neem oorblywende boon en plaas in pot. Neem ring.
Terug na skerm 1: Klik met ring op sirkel in standbeeld.