Vreemde wette

 Vreemde wette wat steeds amptelik geld,  hoewel hulle nie toegepas word nie

* In Virginia mag hoenders nie eiers lê voor 8 vm nie en hulle moet klaar wees voor 4 nm.

* In North Carolina mag honde en katte nie baklei nie.

* ‘n Kat wat los rondhardloop in Colorado, moet ‘n agterlig (tail light) hê.

* In Ohio mag jy nie ‘n vis dronk maak nie.

* In Arkansas is dit onwettig om die naam van daardie staat verkeerd uit te spreek.

* Dit is onwettig om in die Britse Parlementshuise (hoër en laerhuis) te sterf.

* In Brittanje is dit ‘n daad van verraad om ‘n posseël met ‘n afbeelding van die Britse monarg onderstebo op ‘n koevert te plak.

* In Missouri moet ‘n man ‘n permit hê om te skeer.

* In Vermont moet vroue hul mans se toestemming kry om valstande te dra.

* In Rochester, Michigan moet die swemdrag van iemand wat in die openbaar swem, deur ‘n polisiebeampte geinspekteer word.

* In Kentucky moet jy minstens een maal per jaar bad.

* In die Britse stad York is dit wettig om ‘n Skot te vermoor binne die stadsmure, mits hy in besit is van 'n pyl en boog.