Net 'n bietjie Afrikaans

'n Blad opgedra aan Afrikaans

Hierdie is 'n blad gemaak sommer net vir die lekkerkry van Afrikaans. Die taal wat dit oordra soos wat dit is. Soms formeel, soms effe stout,  maar altyd stylvol, uniek en lekker. Loer so 'n bietjie rond en as u hou van wat u sien, kontak my vir enige internet skryfwerk wat u nodig het. Afrikaans of in die Rooitaal, dis om't ewe. Ek is 'n vryskut internet skrywer met heelwat ondervinding in beide.  Advertensies, artikels, blogs of sommer enigiets. Die Artikel-afdeling sal u 'n idee gee van my skryfstyl.

Ek skop af met 'n ietwat skurwe staaltjie wat ek so uit die perd se bek gehoor het. Dit het hom 'n hele paar jaar gelede by 'n hospitaal in Port Elizabeth afgespeel:

'n Engelssprekende matrone het 'n groepie mediese studente verwelkom wat  'n hardhorende dokter op sy saalrondes sou volg. Sy het hulle voorgestel aan die suster (ook Engelssprekend) wat die groepie sou vergesel en net voor die dokter opdaag, fluister sy aan die suster: Don't forget to tell them about the doctor's hearing. Die suster het haar mooiste Afrikaans in haar kop reggeskaaf en toe laat sy van haar hoor:

Julle moet maar verskoon. Dokter sukkel met sy horing.

Daardie woorde weerklink nou nog as die verpleegsters 'n saamkuiertydjie het....




No comments:

Post a Comment